Eskom wil volgende jaar kragtariewe met byna ‘n derde verhoog en verwag terugwerkend R24 miljard wat deur bykomende verhogings verkry moet word. Netwerk 24 berig die hofsaak waarin die DA die Nasionale Energiereguleerder, of Nersa, dagvaar oor sy besluit om aan Eskom ‘n 31,4% hoër kragtarief vir 2024 toe te ken, begin op 11 September in die hooggeregshof in Pretoria. Ghaleb Cachalia, die DA-LP se woordvoerder oor openbare ondernemings, het gesê Eskom het boonop ‘n aansoek vir R24 miljard ingedien ingevolge die regulatoriese aansuiwerings-rekening, of RCA, by Nersa. Die geld, indien goedgekeur, kan terugwerkend in daaropvolgende jare van verbruikers verhaal word. Cachalia het gesê die aansoek vir sluip-kosteverhaling deur Eskom is verregaande vir verbruikers wat die huidige hoë inflasie moet trotseer. Eskom kan nie verwag dat verbruikers sy ondoeltreffendheid deur roofsugtige kosteverhaling finansier nie. Eskom se tariewe het die afgelope 35 jaar met meer as 3000% gestyg en hulle skuld is ‘n bodemlose put van chaos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×