Die DA se federale leier, John Steenhuisen het in sy openingsboodskap by die party se kongres in Kroonstad gesê dat die Vrystaat ‘n stewige dosis van DA-leierskap en -regering benodig. Volgens Steenhuisen moet die 300 afgevaardiges wat die kongres bywoon, teruggaan en die volgende 18 maande onverpoosd werk om takke op te bou en ‘n blou weermag van aktiviste skep om meer veld in die Vrystaat te wen. Die Vrystaatse kongres is die DA se eerste provinsiale kongres in aanloop tot sy nasionale kongres in April.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×