Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, beskuldig van kantkiesery

 Die DA se federale voorsitter, Helen Zille, beskuldig van kantkiesery

Die ANC in die Wes-Kaap het die DA se federale voorsitter, Helen Zille, beskuldig dat sy kant gekies het in die provinsiale leierskapstryd in die DA nadat die party se federale regskommissie die nuutverkose DA-leier in die Wes-Kaap, Bongikosi Madikizela vrygeskeld het oor die bewerings dat hy probeer het om een van sy teenstaanders in die verkiesing, Masizole Mnqasela te vermoor.

Madikizela het ‘n beroep op partylede gedoen om saam te werk om die party te stabiliseer om meer stemme te trek. Albert Fritz is verkies tot onderleier terwyl Jaco Londt verkies is as die party se Wes-Kaapse voorsitter. 

Gerdie Karstens