Die DA is van plan om aan die Inkomstediens en die Reserwebank te skryf oor sogenaamde leemtes in die inligting oor die beweerde diefstal van vier miljoen Amerikaanse dollar kontant op ‘n plaas van President Cyril Ramaphosa in Limpopo.

Die DA sê die diens moet vasstel of Ramaphosa die geld verklaar het, en of daar enige onwettige vloei van geld was.

Dit volg op die gewese direkteur-generaal van die Staatsveiligheidsagentskap, Arthur Fraser, wat die week ‘n klagte teen Ramaphosa gelê het. Fraser beweer Ramaphosa het inligting oor die diefstal van die polisie weerhou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×