Die DA sê hy verwerp die minister van Vervoer, Fikile Mbalula, se onlangse voorstel wat ‘n moontlike verdere belasting op bestaande voertuiglisensiegelde of brandstofverkope aandui.

Volgens die party sal dié voorstel, net soos die stygende brandstofprys, ’n verwoestende uitwerking op gewone Suid-Afrikaners hê.

Die DA se Chris Hunsinger sê die party doen ‘n beroep op die Minister om die voorstel oop te maak vir kommentaar voordat dit enige Parlementêre proses hoegenaamd betree.

Hunsinger sê met die brandstofprysverhoging wat vandag in werking getree het, is die instelling van ‘n nuwe belasting op reeds oorlaaide Suid-Afrikaners ondenkbaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×