Die DA se leier in die Vrystaat, doktor Roy Jankielsohn, het sy tweede doktorsgraad verwerf.
Met navorsing vir dié graad, het Jankielsohn ‘n nuwe studieveld oor voogdyskap van diere geskep.
Volksblad berig hy het dié graad aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein verwerf onder promotorskap van doktor Tania Coetzee van die departement politieke wetenskap en regeerkunde.
Jankielsohn se bydrae lê onder meer in debatte ten opsigte van die belangrikheid van morele en etiese sosiale aspekte oor die interaksie tussen mens en dier, en die regeerkunde-aspek daarvan in Suid-Afrika.
Jankielsohn het ook ‘n BA-graad, twee honneursgrade, in onderskeidelik politieke wetenskap en Engels, en ‘n meestersgraad in politieke wetenskap waarin hy in internasionale verhoudings gespesialiseer het.
Hy het ook ‘n doktorsgraad in politieke wetenskap.