Die DA sê President Cyril Ramaphosa se besluit oor die departement van Staatsveiligheid was ‘n slegte een

Die DA-leier, John Steenhuisen het President Cyril Ramaphosa se besluit om die departement van Staatsveiligheid na die Presidensie te verskuif, as ‘n baie slegte idee bestempel.

Dit volg nadat Ramaphosa gisteraand ‘n skommeling in sy kabinet gemaak het, wat ook twee bedankings gehad het.

Volgens Steenhuisen was die buro vir staatsveiligheid tydens die apartheidsera deel van die President se kantoor.

Hy sê dié skuif stel ‘n slegte presedent.

Hy sê hy sou eerder wou sien dat Sydney Mufamadi, nou die nasionale veiligheidsraadgewer, as Minister van Staatsveiligheid aangestel word.

Mufamadi het ‘n hoëvlakpaneel gelei wat ‘n verslag saamgestel het oor wat gedoen moet word om Staatsveiligheid te hervorm.

Luister na potgooie hieronder