Die DA-leier, John Steenhuisen, het die vakbond Solidariteit geluk gewens met sy ooreenkoms met die regering dat geen werknemer volgens die VN se Internasionale Arbeidsorganisasie weens regstellende aksie afgedank mag word nie.

Steenhuisen het egter in ‘n verklaring gesê solank die bepalings van die voorgestelde Wysigingswet op Gelyke Indiensnemimg geïmplementeer word, sal dit die minister arbitrêre magte gee om raskwotas vir privaat maatskappye te bepaal en die kwotas af te dwing.

Die DA reken dat tot soveel as 600 000 wit- en bruin mense hulle werk hierdeur kan verloor.

Steenhuisen het gesê sy party gaan voort met stappe om die konsepregulasies in die hooggeregshof ongrondwetlik te laat verklaar.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×