Die DA se regsspan het die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling hof toe geneem

Volgens die DA se regsspan kom die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling steeds nie sy grondwetlike plig na ten opsigte van die Estina Plaasprojek op Vrede nie. So het die party vandag aan die Hooggeregshof in Bloemfontein gesê.  Die DA het die departement voor die hof gedaag omdat begunstigdes die afgelope tien jaar steeds nie aangewys of goedgekeur is nie.  Die party se regspan sê die departement se optrede is ongrondwetlik en onwettig.

 Die party beskuldig die departement daarvan dat hy miljoene rand aan die projek bestee het sonder dat die aanvanklike doelwit – om arm swart boere by te staan – ooit nagekom is. Die DA het aangevoer dat die departement jaarliks steeds 20 miljoen rand aan die projek bestee.

Luister na potgooie hieronder