Daar moet groter fokus op alternatiewe kragopwekking en meer betrokkenheid van die private sektor geplaas word, eerder as om steenkoolkragstasies se lewensiklus te probeer verleng. Dit volgens die DA se woordvoerder, Kevin Mileham.
Maroela Media berig hy het dié beroep op die minister van elektrisiteit en energie, Kgosientsho Ramokgopa, gedoen. Mileham sê die koste van R90 miljard om die lewensduur van die land se steenkoolkragsentrales te verleng is ʼn reuselas vir Suid-Afrika se kwynende belastingbetalersbasis, wat ook deur ʼn beoogde tariefverhoging van 36% in die gesig gestaar word.
Mileham meen ʼn groter privatesektor-opwekkingskapasiteit en om die bodvensters vir die verkryging van hernubare energie en battery-aanlegte te bespoedig is meer bekostigbare en volhoubare alternatiewe.