President Cyril Ramaphosa moet Suid-Afrikaanse soldate uit die Demokratiese Republiek van die Kongo, of DRK, terugroep omdat die SA Nasionale Weermag, of SANW, nie opgewasse is vir sy rol as ‘n ingrypingsmag in die ooste van die oorloggeteisterde land nie. Die DA woordvoerder oor verderdiging, Kobus Marais, het gesê die ontplooing van die SANW as deel van die Ingrypingsmag van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap is ‘n roekelose besluit wat die soldate se lewens in gevaar kan stel. Marais het gesê die weermag het nie die kapasiteit om ‘n doeltreffende teen-insurgensieveldtog teen die M23-rebelle vol te hou nie. Die weermag het ook nie die nodige toerusting om sy soldate te steun nie. Militêre kundiges het volgens Marais gewaarsku dat die ingrypingsmag moeilik sonder die nodige lugsteun in vyandige gebiede sal kan optree. Hy het gesê die ontplooiing van die SANW is ‘n politieke besluit wat nie tegniese aspekte in ag geneem het nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×