Die DA se skaduminister van Polisie, Andrew Whitfield, sê Suid-Afrika is ‘n oorlogsone vir vroue en kinders. Whitfield het gereageer op die afgelope kwartaal se misdaadsyfers wat vroeër deur die minister, Bheki Cele, in Pretoria bekend gemaak is. Whitfield sê die syfers toon dat misdaad teen die kwesbaarste lede van die samelewing steeds toeneem. Suid-Afrika se moordsyfer het ook met 11,5-persent gestyg, nadat 6-duisend-424 moorde tussen April en Junie vanjaar geregistreer is. KwaZulu-Natal, Gauteng en die Oos-Kaap, het die hoogste getal moorde. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×