Die DA het hul kommer uitgespreek aangesien meer as 70-duisend begunstigdes nie vandeesmaand hul maatskaplike toelaes ontvang het nie. Volgens die DA beweer die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid, of Sassa, dit is te wyte aan ontvangers wat nie hul bankbesonderhede verifieer het nie. Die agentskap het onthul dat hulle bedrieglike aktiwiteite in die begunstigdes se rekeninge opgespoor het. Die DA se Bridget Masango het gesê Sassa se mislukking raak baie ma’s wat op die Kinderondersteuningstoelae van R510 staatmaak as hul enigste inkomste. Sowat 65% van Suid-Afrika se kinders ontvang die toelaag. Masango het gesê ma’s van skoolgaande kinders is onder druk aangesien hulle uniforms en ander voorrade moet koop voordat skole volgende week begin.
