Die DA staan die Wysigingswetsontwerp op Kopiereg teen. Die wetsontwerp stel voor dat akteurs en kunstenaars betaal word op grond van die finansiële sukses van rolprent- en advertensieprojekte waarin hulle verskyn. Volgens die DA is hierdie metode van vergoeding nie haalbaar nie en sal dit tot die ondergang van die rolprentbedryf lei. Die party sê die finansiële sukses van ‘n projek kan nie vooraf voorspel word nie en finansiële verlies is altyd ‘n moontlikheid. Die DA se Cayla Murray sê dit sal internasionale produksiehuise verder ontmoedig om in Suid-Afrika te verfilm aangesien dit teen die internasionale standaard is.
![](https://rosestad.co.za/wp-content/uploads/2023/08/DA.jpg)