Die DA sê hulle sal ‘n dringende vraag by die Vrystaatse Provinsiale Wetgewer indien oor ‘n oorsigbesoek aan die Thebe-distrikshospitaal in Harrismith in die Vrystaat. Volgens die DA word dié hospitaal nie in ‘n gesonde en produktiewe omgewing bestuur nie. Die party sê die hospitaal ly aan wanbestuur en pasiënte en infrastruktuur word afgeskeep. Die party sê hulle belowe om aan te hou veg vir almal se reg om ‘n funksionele gesondheidsorgstelsel te gebruik.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×