Die DA en ANC het gesamentlik 43-miljoen rand se politieke befondsingsskenkings ontvang wat tussen April en Junie 2023 aan die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika (OVK) verklaar is. Die ANC het ‘n skenking van 20 miljoen verklaar, en die DA net onder 23 miljoen rand. Die fondse wat die OVK vir die eerste kwartaal aan die lig gebring het, was van die hoogste sedert die Wet op Politieke Befondsing in 2020 in werking getree het. Ander politieke partye wat verklarings gemaak het, was ActionSA en Mmusi Maimane se Build One South Africa.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×