Terwyl Cyril Ramaphosa wyd onder skoot kom, omdat hy voete sleep met die aankondiging van die nuwe kabinet, is die leier van die DA se mening dat dit maar weer dieselfde gesigte sal wees. Netwerk24 berig, aldus John Steenhuisen, moet Suid-Afrikaners nie te veel verwag nie. Hy sê die ANC is uit idees, en dat die party ook nie meer leiers het om oor opgewonde te raak nie.
Steenhuisen het sy veldtog om aanstaande maand tot leier van die DA herkies te word, die afgelope naweek in Johannesburg van stapel gestuur. Daar word verwag dat Ramaphosa die nuwe kabinet na afloop van sy inhuldiging bekend sal maak. Alle oë sal op hom wees, om te sien hoe hy lede van die regering van nasionale eenheid, sowel as lede van die drieparty-alliansie akkommodeer.