Die DA verwelkom die Etiekkomitee se verslag oor Floyd Shivambu van die EFF se betrokkenheid by die plundering van die VBS-Bank.
Dít kom nadat die DA vier jaar gelede ’n klag teen Shivambu ingedien het ná bewerings van sy betrokkenheid by die plundering van kwesbare deposante se spaargeld by die bank.
Die verslag het onthul dat Shivambu fondse ontvang het deur sy broer se maatskappy, wat aan VBS gekoppel is.
Die fondse wat hy ontvang het van meer as R100 000 is egter nooit wettig bekend gemaak nie.
Hy is skuldig bevind aan onetiese gedrag en skending van die Openbaarmaking van Lede se Belange.
Die DA se Siviwe Gwarube sê hulle verwelkom hierdie bevinding ondanks die lang wag.