Danksy ‘n Demokratiese Alliansie-hofoorwinning het die Vrystaatse LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Teboho Mokoena, ‘n brief – waarin hulle in kennis gestel word van ‘n ingryping in die munisipaliteit se sake – aan die Matjhabeng munisipaliteit gestuur.
Daar sal nou, volgens die DA se kiesafdelingshoof vir Matjhabeng, George Michalakis, van die provinsie verwag word om met ‘n finansiële herstelplan vorendag te kom waaraan die munisipaliteit uitvoering moet gee.
Dit is volgens die DA ‘n massiewe oorwinning vir die party asook alle inwoners van Matjhabeng en hul sal voortgaan om die ontwikkeling van so ‘n finansiële herstelplan en die implementering daarvan te monitor.