Die DA verwelkom laer elektrisiteitstariewe

Tjaart van der Walt, DA-raadslid vir Mangaung, het in ‘n mediaverklaring wat vroeër vandag uitgereik is, die bevestiging van Centlec, dat somer-elektrisiteitstariewe vanaf 1 September vanjaar geïmplementeer sal word, verwelkom.

Die nuwe tariewe sal ooreenstem met die Nersa-goedgekeurde somertariewe, wat vir die meerderheid van Mangaung-huishoudings soos volg sal uitsien: R2.04 vir die eerste 350 eenhede wat, ongeag aan die begin of einde van die
maand, gekoop word.

Dit kan ‘n enkel- of meervoudige transaksie behels.

Daarna sal die koste R2,35 per eenheid, tot aan die einde van die maand beloop.

Volgens Van der Walt sal dit ‘n welkome verligting wees vir veral huishoudings wat geworstel het om elektrisiteit vir selfs die mees basiese behoeftes aan te koop.

Luister na potgooie hieronder