Die DA vra dat strande nie moet sluit nie

Die DA het die regering gevra om nié die land se strande te sluit in ‘n poging om die verspreiding van die coronavirus te beperk nie. D.A. woordvoerder oor Toerisme, Manny de Freitas, sê hy verstaan dat die coronavirusbevelsraad moontlik dié stap kan oorweeg. De Freitas sê die sluiting van strande sal ‘n verdere slag vir die toerismebedryf wees wat meer as ‘n miljoen werksgeleenthede verloor het weens die inperkings en ‘n verdere sluiting sal die situasie vererger. Hy sê die regering kan eerder toesien dat opelug-gebiede oop bly en die veiligheidsmaatreëls nagekom word. Navorsing het na bewering getoon dat die verspreiding van die virus dramaties verminder in die buitelug.

Luister na potgooie hieronder