Bewerings van vermeende korrupsie en die moontlike skending van landswette hang soos ‘n donker wolk oor die koppe van adjunk president Paul Mashatile en Fikile Mbalula, ANC sekretaris-generaal, meen die DA. Netwerk 24 berig Solly Malatsi, DA-LP en woordvoerder van die party het Donderdag namens die party klagte teen die twee by die openbare beskermer se kantoor in Kaapstad ingedien. Mashatile se luukse leefstyl wat deur begunstigdes van staatstenders gefinansier word terwyl sommiges tans teregstaan op korrupsieverwante aanklagte van hondermiljoene rande, staan onder verdenking. Die Daily Maverick het ook berig dat die vrou van die voormalige bedryfshoof van die Nasionale Lotery-kommissie, Philemon Letwaba, beweer sy het R3 Miljoen vir Mbalula geleen om ‘n huis in Bryanston te koop. Mbalula het Dinsdagaand gesê die mense wat die bewerings maak, moet dit bewys.
