Die DA het by ander organisasies aangesluit om te vra dat president Cyril Ramaphosa die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Blade Nzimande, afdank. Dit hou verband met Nzimande se betrokkenheid by die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente, of NSFAS, se fondse wat gesteel is. Uitgelekte stemopnames wat korrupte patronaat-netwerke beskryf, het Nzimande en die NSFAS-voorsitter, Ernest Khosa, geïmpliseer. Volgens die DA onthul die opnames dat diensverskaffers aan hulle terugbetalings gee vir tenders en beskerming. Rudi Heyneke van die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het gesê die klankopnames onthul beweerde betalings van miljoene rande aan Nzimande en Khosa. Nzimande het in ‘n verklaring gesê die bewerings in die uitgelekte ondersoekverslag is roekeloos en op skinderpraatjies gegrond. Nzimande het ook met regstappe gedreig. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×