Die DA doen ‘n beroep op Statistieke Suid-Afrika om foute in die Sensus 2022-data reg te stel. Hulle stel voor dat Statistieke Suid-Afrika saam met betroubare akademici en ekonome werk.
Dit volg op ‘n bevolkingsondertelling van 31-persent en onakkurate inkomste-, indiensneming-, sterfte- en vrugbaarheidsyfers in die 2022-sensus.
Volges die DA se Katherine Christie kan kenners sensussyfers vergelyk met betroubare aanwysers, soos skoolinskrywings en kliniekbywoning.
Sy sê huidige foute in die sensus-syfers kan daartoe lei dat bykomende hulpbronne na gebiede gaan waar dit nie nodig is nie.