Daar word berig die DA vra dat tien van sy LP’s in president Ramaphosa se kabinet moet dien, en ook dat die partyleier, John Steenhuisen, as onderpresident aangestel moet word. Die ANC en DA is nog in onderhandelinge gewikkel oor sekere aspekte van die twee partye se RNE-ooreenkoms.

Aldus Helen Zille, voorsitter van die DA se Federale Raad, verloop die onderhandelingsproses op ordelike wyse. Alle aangeleenthede is nog nie gefinaliseer nie, maar sy sê dat daar nog geensings ‘n dooiepunt in die gesprekvoering bereik is nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×