Die DA vra vir ‘n ondersoek na die sekretaris van die parlement, Xolile George, se buitensporige salaris. Ten spyte daarvan dat die pos se salaris beperk is tot twee-komma-ses miljoen rand, sê die DA dat George se salaris nou meer as vier miljoen rand is. Volgens die party het lede van die Uitvoerende Gesag, Nosiviwe Mapisa-Nqakula en Amos Masondo, drie maande ná sy aanstelling in Junie verlede jaar onderhandel dat sy salaris verhoog word. Die DA se Siviwe Gwarube sê die verhoging van die salaris drie maande later dui daarop dat dit met voorbedagte rade was om die parlement opsetlik te mislei. Sy sê die party sal ’n dringende klag by die Mag- en Voorregtekomitee indien om Mapisa-Nqakula en Masondo te ondersoek omdat hulle hul ampseed verbreek het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×