Die DA gaan by die hoof van die weermag, genl Rudzani Maphwanya, aanvra vir ‘n ondersoekverslag van die weermag wat sekere beweerde misdadige aktiwiteite ontbloot. Die DA se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane, Kobus Marais het die week gesê die party gaan aansoek doen vir die inligting ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, of Paia. Die verslag sluit glo aktiwiteite van skelm elemente in die weermag in. Marais het aan Netwerk 24 gesê die kollig van die ondersoek het gefokus op korrupsie en ampsmisbruik. Die verslag is na ses maande nog nie by die parlement ingedien nie, het Marais gesê. Die DA is veral bekommerd oor die bestaan van ‘n skelm eenheid wat by marteling en moord betrokke is. Die elite-eenheid van die weermag, die spes-magte, word glo ook betrek by sluipmoorde waar ondersoekers “uitgehaal” is.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×