Die DA doen ‘n beroep op die Staatsveiligheidsagentskap om ‘n deeglike ondersoek na die brand in die parlementsgeboue van verlede jaar te doen. Dit is nadat beelde van die beskuldigde van die brandstigting, Zandile Mafe, vrygestel is, wat uitbeeld hoe hy oor ‘n selfoon praat voordat hy die gebou afgebrand het. Die DA sê dit dui op moontlike kommunikasie met ‘n eksterne party en dat Mabe se selfoon ondersoek moet word. Volgens die DA is dit alleen genoeg bewyse om ‘n deeglike ondersoek te regverdig na wie anders moontlik by die voorval betrokke was. Die DA se Dianne Barnard het gesê dit is noodsaaklik om die fokus van die individu na die breër konteks te verskuif van wat na ‘n georkestreerde handeling blyk te wees.