Eskom gaan appelleer teen ‘n uitspraak van die Gautengse hooggeregshof wat gelas dat die nutsmaatskappy inligting oor sy steenkool- en dieselkontrakte aan Afriforum moet openbaar. Maroela Media berig die DA sê Eskom se voorliefde vir geheimhouding is verbasend.
Dit, veral nadat die kragvoorsiener ‘n reddingsboei van meer as R180 miljoen ontvang het en R254 miljard van sy skuld op belastingbetalers gepak het.
Die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie, Kevin Mileham, sê dit is verstommend dat Eskom miljarde rande van belastingbetalers se geld spandeer maar wil nie hê die belastingbetalers moet weet hoe die geld spandeer word nie. Mileham sê Suid-Afrikaners verdien om te weet of die kontrakte wettig is asook hoe en aan wie dit toegeken is.