Die DA het ’n konsepwetgewing voorgestel om onstabiliteit by provinsiale wetgewers en die nasionale parlement te voorkom sou daar ná volgende jaar se verkiesings koalisieregerings wees. Die Negentiende Wysigingswetsontwerp op die Grondwet, wat deur hoofsweep Siviwe Gwarube ingestel is, poog om die aantal mosies van wantroue te beperk. Die wetsontwerp is geïnspireer deur die chaos op plaaslike regeringsvlak waar burgemeesters en ander lede gereeld verander word, afhangende van watter partye op daardie stadium saamstem.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×