Die DA sal in die hof moet gaan verduidelik dat die brand van die Suid-Afrikaanse vlag geregverdig is nadat ‘n man die hooggeregshof in Pretoria genader het om die advertensie te verbied. EWN berig Zuko Madikane, wat die hof genader het, was verlede jaar in die nuus nadat hy skuldig bevind is dat hy ‘n Johannesburgse restaurant-eienaar uit tienduisende rande bedrieg het deur hom as ‘n prokureur voor te doen.

Madikane sê in sy hofaansoek die advertensie waarin die vlag verbrand word, is diskiminerend, dui op rassemeerderwaardigheid en bevorder rasse-eksklusiwiteit. Hy sê die advertensie skep die vrees vir ‘n swart koalisieregering en skep die indruk dat enigiets wat swart is, nie werk nie. Helen Zille, die DA se federale leier, sê die party sal die aansoek teenstaan. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×