Die Vrystaat is die provinsie waar staatskaping deur Ace Magashule begin is en vandag steeds sigbaar is deur ‘n gebrek aan dienslewering en vervalle infrastruktuur, het die DA leier, John Steenhuisen, vanoggend tydens ‘n media konferensie in Bloemfontein gesê. Hy het dr. Roy Jankielsohn aangewys as die premiers-kandidaat vir die Vrystaat vir volgende jaar se verkiesing. Hy het gesê Jankielsohn kan die Vrystaat op alle vlakke van die regering regruk. Jankielsohn het gesê staatskaping en kader-ontplooiing is wat mense onthou wanneer daar van die Vrystaat gepraat word. Die provinsie moet weer op ‘n pad van herstel geplaas word waar alle inwoners voordeel trek uit ekonomiese groei, dienslewering, paaie sonder slaggate en mediese sorg. Die Vrystaat kan die nuwe Wes-Kaap word as die DA in die provinsie regeer, het hy gesê.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×