Die daaglikse Covid-19-syfers toon opnuut ‘n afname

 Die daaglikse Covid-19-syfers toon opnuut ‘n afname

Die daaglikse Covid-19-syfers toon opnuut ‘n afname nadat 97 sterftes en 792 nuwe gevalle in die afgelope 24 uur siklus bevestig is.

Die kumulatiewe aantal COVID-19 gevalle in Suid-Afrika is 1 504 588 en die totale aantal sterftes staan tans op 49 150.

Die Oos-Kaap het 7 sterftes aangemeld, Vrystaat 30, Gauteng 15, Kwa-Zulu Natal 8, Mpumalanga 7, Noord-Kaap 8 en Wes-Kaap 22.

Daar is tans minder as 42 000 aktiewe gevalle en die herstelkoers is ook effens hoër op 93,9%.

LeandreAdmin@