Vandag se Internasionale Dag vir Persvryheid, kom met waarskuwings van kampvegters die wêreld oor, dat die dae van joernalistiek wat vry is van indoktronasie, amper heeltemal getel mag wees. Die jaarlikse World Press Freedom Index wat deur Reporters Without Borders saamgestel word, verwys na die aanslae op vrye verslaggewing as ‘n “kruistog” teen onafhanklike joernalistiek.

Luidens die verslag – wat media-werksaamhede in 180 lande ontleed – is veral polities gedrewe aanslae op persvryheid drasties aan die toeneem. Dit sluit die aanhouding van joernaliste in. Honderde moet in sekere lande ook ter nouer nood vir oorlewing vlug. Nog honderde ander boet jaarliks in die naam van persvryheid met hulle lewe.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×