President Cyril Ramaphosa waarsku dat die kragnetwerk beslis ineen sal stort indien die regering die Gautengse hooggeregshof se beslissing toepas dat skole, hospitale en polisiestasies vrygestel word van beurtkrag.
Ramaphosa het gesê hul appèl teen die uitspraak is nie gegrond op arrogansie nie, maar op die advies van ingenieurs wat bevestig dat die land dit nie kan bekostig om op te hou om beurtkrag toe te pas soos hulle dit nou doen nie.
Intussen word daar wyd en syd bespiegel dat die ineenstorting van die energienetwerk, met of sonder die beurtkrag-uitskakeling van sekere instansies, ‘n ramp is wat die land dalk baie binnekort kan tref.
Rosestad-nuus het betroubaar verneem dat Eskom en die regering volgens die bron skynbaar nie oop kaarte met Suid-Afrikaners speel nie.
Talle gemeenskapsveiligheidsgroepe oor die land heen is lank reeds besig om radioverbindingsnetwerke in plek te stel, aangesien selfoon en internetgebasseerde kommunikasie saam met die kragnetwerk in duie sal stort.