Die dapper 7-jarige Bloemfonteinertjie, Janique Venter, stap nou al op haar eie deur die St Jude Kindernavorsingshospitaal, in Memphis – Tennessee, se gange.

Volgens haar neuroloog lyk alles goed en dokters sê hulle is tevrede met haar herstel.

Sy het nou, na haar operasie om ‘n gewas van nek te verwyder, oefening nodig om haar regterkant te help beweeg en te versterk.

Volgens ‘n plasing op sosiale media word haar drup bedags ontkoppel sodat sy meer beweeglik kan wees en kan speel. Janique het nog pyn maar dit is onder beheer. Sy het ook bietjies-beitjies kos begin eet.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×