Die verwoesting weens die naweek se wegholbrande in die Vrystaat, het nie alleen ongekende skade aan weiveld en infrastruktuur aangerig nie, maar het ook die lewe van duisende diere geëis.

Reinet Meyer, hoofinspekteur van die Dierebeskermingsvereniging, of DBV, in Bloemfontein, sê verteenwoordigers van verskeie takke het dag en nag saamgewerk om soveel moontlik diere wat brandwonde opgedoen het te versorg.

Dit was ongelukkig ook nodig om kritiek beseerde diere van hul pyn te verlos.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×