Die Nasionale Raad van Provinsies het die debat en stemming oor die Wetsontwerp oor die Nasionale Gesondheidsversekering, of NGV, met ʼn week uitgestel. Die raad se hoofsweep, Seiso Mohai, het die mosie om dit tot 6 Desember uit te stel ter tafel gelê. Die rede vir die mosie en besluit is onduidelik. Agt van die land se provinsies, behalwe die Wes-Kaap, het die wetsontwerp aanvaar. Intussen het verskeie bedryfsliggame in die privaatsektor groot kritiek oor die proses wat met die wetsontwerp gevolg is, uitgespreek.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×