Die Deense Peter Frederiksen, wat sedert 2018 twee lewenslange vonnisse in die Mangaung gevangenis uitgedien het, is dood.
Frederiksen, wat twee wapenwinkels in Bloemfontein besit het, is aan 36 oortredings, insluitend die vervaardiging van kinderpornografie skuldig bevind toe hy op aanklagte van onder meer seksuele aanranding, intimidasie en gesinsgeweld, tereg gestaan het.
Hy is in die hospitaal dood nadat hy glo ineengestort het, terwyl beamptes die selblok waar hy aangehou is, deursoek het. ’n Taakspan is gestig om ondersoek in te stel en die voorlopige uitslag van die lykskouing het getoon dat hy weens natuurlike oorsake oorlede is.