Die Delta-variant is nog nie in die Vrystaat gesien nie

Die meer aansteeklike Delta-variant van Covid-19 is nog nie in die Vrystaat geïdentifiseer nie.

Dr. Cloete Jansen van Vuuren, hoof van die departement interne geneeskunde by 3 Militêre Hospitaal in Bloemfontein, het egter aan Netwerk 24 gesê, dat hy nie verbaas sal wees as die variant alreeds in die Vrystaat is nie.

Onsekerheid bestaan, volgens hom, of die variant gaan veroorsaak dat die Vrystaat se Covid-19-syfers nou weer gaan styg.

Hy beklemtoon daarom ook die belangrikheid van vermyding van groot samekomste.

Dit is ‘n tragedie dat strenger maatreëls ingestel moes word, maar dit was noodsaaklik.

Volgens die jongste Covid-statistieke vir die Vrystaat is daar Sondag 473 nuwe gevalle van Covid-19 gerapporteer, waarvan 160 in die Mangaung-metro.

Luister na potgooie hieronder