Die veroordeelde Thabo Bester – wie in die volksmond as die Facebook-verkragter bekend staan – het die gevangenisstelsel behoorlik met sy gewaagde ontsnapping gefnuik.
Die portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het nou ‘n dringende vergadering belê, om ‘n inligtingsessie hieroor te hou.
Rosestad 100.6FM-nuus het vroeër berig Bester het op 3 Mei verlede jaar uit die Mangaung-korrektiewe sentrum by Bloemfontein ontsnap.
Hy het nié in ‘n brand gesterf, soos wat kort ná sy gewaagde ontsnapping berig is nie.
Bester is in 2011 gevonnis, nadat hy skuldig bevind is aan onder meer moord en verkragting.
Daar is aanvanklik gesê Bester het selfmoord gepleeg deur sy sel aan die brand te steek, maar die verkoolde liggaam wat in die sel gevind is was toe die van ‘n ander man.
‘n Grootskaalse soektog is onderweg in ‘n poging om Bester weer agter slot en grendel te kry.