Die Departement van basiese onderwys het aanbeveel dat die skole steeds heropen op 19 Julie

Die Departement van basiese onderwys het aanbeveel dat die skole steeds heropen op 19 Julie, soos beplan, ongeag wat die Coronavirus-bevelsraad en President Ramaphosa vanaand besluit en aankondig.  Uit ‘n vergadering wat senior amptenare met onderwysgroepe gehad het, het Rapport berig dat die departement van onderwys self ook asem ophou om te sien wat die President gaan aankondig rakende die inperkingsregulasies.  Dr. Jaco Deacon waarnemende hoof van die Federasie van beheerliggame van Suid-Afrika sê hulle het tegniese voorstelle gekry wat data bevat wat verduidelik waarom skole moet heropen op 19 Julie, Deacon sê egter die data moet met ouers en die gemeenskap gedeel word sodat almal die besluit kan verstaan.  Basil Manuel van die vakbond NAPTOSA sê dat hy nie kan sien hoe dit kan gebeur midde ‘n derde vlaag van die pandemie nie.  Die jongste NIDS-Cram  studie toon dat kinders groot leerverliese lei as gevolg van die pandemie, veral in armer skole.

Luister na potgooie hieronder