Die Departement van Basiese Onderwys is ongelukkig oor ʼn nuusartikel en media-berigte oor beweerde ongerymdhede met die 2022-matriekeksamen.
Die Departement het gesê hy kan bevestig dat daar wel ‘n ondersoek in een distrik in Mpumalanga is, maar nie die hele provinsie, of in enige van die ander provinsies
nie.
Die departement sê in ʼn verklaring dat misleidende inligting doelbewus versprei word om onsekerheid en angs rakende die 2022 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen te wek.
Daar is bewerings in die media gemaak dat daar ongerymdhede in Mpumalanga en ses ander provinsies ondersoek word.
Toesighouers en onderwysers het leerlinge luidens gerugte met antwoorde gehelp terwyl hulle besig was om eksamen te skryf.