Die Nasionale Departement van Gesondheid versoek die publiek om die griep-entstof teen respiratoriese infeksies te kry, wat na verwagting oor die winterseisoen sal toeneem. Volgens die departement is respiratoriese sintaktiese virus tans op sy hoogtepunt, terwyl griepvirusinfeksies begin toeneem, en COVID-19 op lae vlakke sirkuleer.

Die griepseisoen sal na verwagting in die volgende paar weke begin. Bejaardes en diegene met onderliggende siektes word aangeraai om ingeënt te word om ernstige gesondheidskomplikasies te voorkom. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê die entstof is gratis in openbare klinieke beskikbaar en kan ook by verskeie apteke gekoop word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×