Die Departement van Gesondheid het bekend gemaak dat nog 615 mense weens Covid-19 verwante siektes gesterf het

Die Departement van Gesondheid het bekend gemaak dat nog 615 mense weens Covid-19 verwante siektes gesterf het.
Dit bring die totale dodetal op 36 467 te staan bring.
KwaZulu-Natal het weer die meeste sterftes met 189 bevestig, gevolg deur 161 in die Wes-Kaap.
In dieselfde tydperk is 14 880 nuwe Covid19 gevalle bevestig.
KwaZulu-Natal het 69 650 aktiewe Covid19-gevalle, Gauteng net minder as 50 000 en die Wes-Kaap meer as 39 000.
Die herstelkoers is 80,9%