Die Departement van Gesondheid het die redes uiteengesit waarom hulle nie ‘n groot aantal gekwalifiseerde mediese dokters in diens kan neem nie.  Volgens die departement het hulle nie die begroting nie.  Lede van die SA Mediese Vereniging Vakbond het verlede week in vier provinsies opgeruk om die lot van werklose dokters uit te lig.  Sommige openbare gesondheidsorgfasiliteite werk op skeletpersoneel, wat die kwaliteit van mediese sorg wat aan pasiënte verskaf word, negatief beïnvloed. Die departement se adjunk-direkteur-generaal, Percy Mahlathi, sê die groot probleem is dat hulle nie genoeg finansies het om nuwe dokters in diens te neem nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×