Die Departement van Gesondheid het planne ontken om rook te kriminaliseer met die voorgestelde wysigings aan tabakregulasies.Vroeër vanjaar het die kabinet die Wetsontwerp op Tabakbeheer by die parlement ter tafel gelê. Die nuwe regulasies sal baie streng wees en rook in publieke areas heeltemal verbied. Die regering sê rokers of besighede wat die voorgestelde tabakwette oortree kan ‘n stewige boete of tronkstraf opgelê word. Teenstanders van die wetsontwerp het dit as drakonies beskryf.