Die Departement van gesondheid is reg om Pfizer te betaal vir ‘n besending van 20-miljoen Covid-19 inentings

 Die Departement van gesondheid is reg om Pfizer te betaal vir ‘n besending van 20-miljoen Covid-19 inentings

Die Departement van gesondheid het bevestig dat hy alles in plek het vir n betalingsooreenkoms met die farmaseutiese maatskappy, Pfizer, vir ‘n besending van 20-miljoen Covid-19 inentings.

Gesondheidsminister Zweli Mkhize het ook gesê dat die volgende besending van 200,000 Johnson & Johnson inentings Saterdag in die land verwag word.

Die Sisonke Massa inentings-protokol is ook intussen aangepas, maar besonderhede van die veranderings is nog nie bekend gemaak nie.

Die aanpassings gaan na bewering die insette van die breër publiek in ag neem en ook fokus op die aanvraag en behoeftes van die gemeenskappe.

LeandreAdmin@