Die Departement van Gesondheid het meer as eenduisend-540 ambulanse oor die land se belangrikste roetes en strategiese punte ontplooi. Dit is om die omkeertyd vir Mediese Nooddienste gedurende hierdie feestyd te versnel. Die departement het verder ‘n beroep op gemeenskapslede gedoen om ‘n bemagtigende omgewing vir frontliniewerkers te skep sodat hulle hul pligte kan uitvoer sonder vrees vir verbale en fisieke geweld. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê geweld teen gesondheidswerkers het ‘n negatiewe impak op hul sielkundige en fisiese welstand, wat die gehalte van gesondheidsorgvoorsiening in die gedrang bring.

error: Inhoud is beskerm !!