Die Departement van Gesondheid sê 9-duisend-445 bevestigde gevalle van Covid-19 is die afgelope verslagtydperk landwyd aangemeld

Die Departement van Gesondheid sê 9 445 bevestigde gevalle van Covid-19 is die afgelope verslagtydperk landwyd aangemeld.

Dit Bring die totale syfer van mense wat sedert Maart Covid-19 opgedoen het tot 921 922.

Die departement sê nóg 152 mense is die afgelope 24 uur aan COVID-19-verwante oorsake dood, waarvan 105 in die Oos-Kaap was, 5 in die Vrystaat, 1 in Gauteng, 8 in KwaZulu Natal, 3 in Mpumalanga en 30 in die Wes-Kaap.

Die regering doen ‘n dringende beroep op mense om steeds hul maskers te dra, sosiale afstand te handhaaf en hul hande te was.

Die tweede vlaag van die virus word vererger deur die voorkoms van ‘n nuwe variant daarvan. Mense word versoek om weg te bly van plekke met swak ventilasie.

Luister na potgooie hieronder